Skooldrag

Die skooldrag is die trots van Hoërskool Bastion en daarom moet die leerders altyd tydens sport-, kultuur- en ander skoolaangeleenthede, in busse, op straat en op ander openbare plekke, netjies en korrek geklee wees. Seuns se hemde moet byvoorbeeld te alle tye netjies ingesteek wees.

 

 

Gewone Skooldrag

Dogters (Somerdrag)
  • Donkerblou rok (lengte 4 cm vanaf die grond as daar gekniel word),
  • Donkerblou kort sokkies (rooi, blou strepies).
  • Swart Clark, Baby Dolls of Bata skoolskoene. Toerygskoene (nie stewels nie) wat poleerbaar is, is aanvaarbaar.
  • Kleurbaadjie (geen bommerbaadjies, skoolsweetpakbaadjies of “Dry Macs” nie).
  • Matriekdrag: Donkerblou romp, wit hemp, donkerblou oortrektrui, matriekdas.
Dogters (Wintersdrag)
  • Voorgeskrewe langbroek met donkerblou sokkies.
  • Donkerblou wintersromp.
  • Donkerblou gebreide lang kouse (nie sykouse nie).
  • Donkerblou kuitkouse (bobby socks) verpligtend met dra van rompe.
  • Die dra van ‘n das en kleurbaadjie is verpligtend saam met ‘n langbroek.
  • Donkerblou of rooi Bastionserp (opsioneel).
  • ‘n Trui mag nie sonder ‘n kleurbaadjie gedra word nie.
  • Matriekdrag: Wit hemp, matriekdas.
Seuns (Somerdrag)
  • Donkerblou kortbroek (standaardpype) soos voorgeskryf.
  • Blou kortmouhemp met oopslaankraag.
  • Voorgeskrewe donkerblou kouse.
  • Swart poleerbare toerygskoene: Bata, Toughies of Grasshoppers. “Doc Martin”-skoene of enige stewels is verbode.
  • Kleurbaadjie (geen bommerbaadjies, skoolsweetpakbaadjies of “Dry Macs” nie).
  • ‘n Trui mag nie sonder ‘n kleurbaadjie gedra word nie.
  • Pet en skoolbaadjie moet elke dag gedra word.
  • Matriekdrag: Donkerblou kort- of langbroek (standaardpype) soos voorgeskryf, gedra met ‘n blou of swart gordel. Broeke mag glad nie ingewerk word nie. Lang- of kortmou wit boordjiehemp met skooldas. (Kraagknopie vas en das styfgetrek).
Seuns (Wintersdrag)
  • Dieselfde as somersdrag, met donkerblou langbroek.
  • Donkerblou of rooi Bastionserp (opsioneel)
  • Skooltrui/moulose oortrekskooltrui (pullover)
  • Matriekdrag: Wit hemp, matriekdas.

LW: ‘n Trui mag nie sonder ‘n kleurbaadjie gedra word nie.

 

Algemene Skooldragreëls (Dogters)

Juwele
  • Geen kettinkies, armbande of hangertjies word toegelaat nie. (“Medic Alert” word wel toegelaat.)
  • Oorbelle word onder volgende voorwaardes toegelaat: Slegs EEN (1) paar “studs” (goue balletjie sonder ‘n siersteen) of “sleepers” (goue ringetjie word toegelaat.
Ringe
  • EEN (1) seëlring mag gedra word.
  • GEEN neus- of tongringe word toegelaat nie.
  • GEEN vorm van “body piercing” word toegelaat nie.
Naels
  • Naels moet netjies en kortgeknip wees en mag nie oor die vingerpunte steek nie.
  • Kleurlose naellak is aanvaarbaar.
Hare
  • Geen snaakse haarstyle nie.
  • Hare mag nie gebleik of gekleur wees nie.
  • Die kuif mag nie in die oë hang nie.
  • Linte of bolletjies moet ligblou/wit/rooi/donkerblou wees.
  • Kammetjies of piesangknippe mag ligblou/donkerblou/wit/rooi of deurskynend wees.
  • Hare wat aan die kraag raak, moet vasgebind of gevleg word.
  • Hare moet vas bly, al word die skoolterrein verlaat.
  • Geen gel in die hare nie.
Grimering
  • Geen vorm van grimering word toegelaat nie.