Jukskei

Baie geluk aan die 0/16-jukskeispan wat as hierdie jaar se ligawenners aangewys is! Hierdie span is ook deur na die Direkteurstoernooi wat in Oktober plaasvind.

Die span word afgerig deur Me Ela Grobler, en die spanlede is:
– Henru van den Berg
– Nicky Zeevenster
– Michael Lombard
– Cameron Taylor

“Ek is vreeslik trots op hierdie vier seuns. Hulle het so hard geoefen tydens die seisoen en hierdie prestasies bewys dit. Ons sien baie uit na die toernooi in Oktober, en ek glo dat dit net nog ‘n suksesvolle byeenkoms sal wees,” het Me Grobler gesê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *