Judo Ferdinand van der Heever

Ferdinand van den Heever, ‘n graad 9-leerder by Hoërskool Bastion, het tydens die Junie/Julie vakansie aan die Suid-Afrikaanse Judo Kampioenskappe deelgeneem en puik uitslae bereik!

Ferdinand het aan drie kategorieë deelgeneem, naamlik kata, individuele gevegte en spangevegte. Vir die kata en spangeveg het Ferdinand onderskeidelik silwer medaljes ontvang, en vir die individuele gevegte het hy ‘n sesde plek ontvang.

“Dit was baie lekker om weer deel te kan wees van hierdie kampioenskappe, en ek is al klaar weer hard aan die werk om te kan kwalifiseer vir volgende jaar se kampioenskappe,” het Ferdinand te sê gehad. Hierdie was die vierde agtereenvolgende jaar wat hy deel van die SA Judo span was.

Die komende naweek (25-27 Augustus 2017) gaan hy na Oos-Londen vir die Nasionale Ranglys byeenkoms.

“Ek gaan in die individuele gevegte deelneem. Die kompetisie gaan daaroor om ons punte vir 2018 op te bou, en dien ook as uitdunne vir die oefenkamp wat in Januarie 2018 in Bloemfontein gaan plaasvind,” verduidelik Ferdinand.

Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasies, Ferdinand! Bastion is so trots op jou, en sien uit om jou pad vorentoe dop te hou!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *